The Last Temptation of Christ (rolprent)

The Last Temptation of Christ
Regisseur Martin Scorsese
Draaiboek Nikos Kazantzakis (roman)
Paul Schrader (draaiboek)
Met Willem Dafoe
Harvey Keitel
Barbara Hershey
David Bowie
Harry Dean Stanton
Musiek deur Peter Gabriel
Kinematografie Michael Ballhaus
Redigeerder Thelma Schoonmaker
Uitgereik 1988
Speeltyd 164 min
Land VSA
Taal Engels
Begroting VSA-$ 7 miljoen
IMDb-profiel

The Last Temptation of Christ is 'n rolprent van die meesterregisseur Martin Scorsese wat in 1988 deur die Amerikaanse ateljee Universal Pictures vrygestel en op die Griekse skrywer Nikos Kazantzakis se gelyknamige kontroversiële roman uit die jaar 1951 gegrond is. Die rolprent pronk met sterre soos Willem Dafoe (as Jesus van Nasaret), Harvey Keitel (as Judas Iskariot), Barbara Hershey (as Maria Magdalena), David Bowie (as Pontius Pilatus) en Harry Dean Stanton (as Paulus). Die rolprent is in sy geheel in Marokko geskiet.

Net soos die roman behandel die rolprent die lewe van Jesus van Nasaret, en sy sentrale stelling is dat Jesus ten spyte van sy sondeloosheid tog onderhewig is aan enige versoeking wat deur mense ervaar word, waaronder vrees, twyfel, depressie, huiwering en sinlike lus. Sowel die boek asook die rolprent beeld Jesus uit as 'n man wat hom seksuele aktiwiteite verbeel – 'n openheid waarvoor sowel die boek asook die rolprent skerp kitiek en reaksies uitgelok het soos die Grieks-Ortodokse Kerk se ekskommunikasie van Nikos Kazantzakis. In die destydse apartheidstaat Suid-Afrika is die film verban. Die rolprent bevat egter 'n ontkenning wat duidelik maak dat hy van Jesus se tradisionele Bybelse uitbeelding afwyk en nie as 'n presiese weergawe van gebeurtenisse soos in die evangelies beskryf begryp mag word nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy